Ons reis, ons liefde, ons vir altyd 🌿
![]() |
![]() |
![]() |
Op 6 September 2023 het die lot besluit om twee harte bymekaar te bring — op 'n plek en tyd wat niemand sou kon voorspel nie. Franco en Sandri het mekaar ontmoet tydens 'n speed dating-geleentheid in Warmbad. Ironies genoeg was hulle die enigste twee wat opgedaag het. Wat bedoel was as 'n groepbyeenkoms deur vriende gereël, het toe die begin van iets besonders geword.
Na die speed date het Franco vir Sandri huis toe geneem, en iets het net gekliek. Hul eerste amptelike afspraak was by Rusty Grille in Warmbad — 'n aand vol lag, geselskap en vonke. Die volgende dag het Franco nie langer kon wag nie en het haar vir daardie eerste soen gesteel. Kort daarna het hy die eerste woorde van liefde gewaag: “I like you… of was dit ‘I love you’?”
Hul verhouding het geblom met avonture — van vakansies by die see in Paarl, tot 'n onvergeetlike reis na Ballito saam met Neill. Waar hulle toe die een aand by die Beach Bums op die strand gaan eet het. Daar het Franco toe op sy knieë gegaan en die groot vraag gevra het. Sandri het natuurlik Ja gesê en dit was toe 'n aand van baie opgewondenheid vir die twee.
Soos enige paartjie het hulle hul eie spesiale maniere: Sandri is versot op sjokolade, en Franco het al menige van sy eie opgegee net om haar gelukkig te maak. Sy het 'n vrees vir spinnekoppe, en Franco moes vinnig leer hoe om haar held te wees — met 'n skoen in die een hand en moed in die ander. Albei is dol oor hul hondjies, maar kook is nie hul sterk punt nie — die airfryer is hul beste vriend, en elke ete is 'n bietjie van 'n verrassing!
Een van hul gunsteling herinneringe? Kamp saam onder die sterre, waar eenvoud en liefde hand aan hand gaan.
Nou, met hul troue om die draai, is hulle gereed om die volgende hoofstuk van hul storie te begin — een wat beloof om net so vol liefde, lag en avontuur te wees soos die eerste.